KLIK OP LOGO VOOR MEER INFO !!

donderdag 6 maart 2008

Besoek Past. S. Weber - Februarie 2008

(Die besoek van Past. Sidney Weber in die week van die 25e Februarie)

Hier sien julle 'n paar lede van die Lede in Christus Gemeente België wat die lesing van Past. Weeber bygewoon het. Die lesing het gegaan oor hoe die heerlikheid van die Here 'n werklikheid moet wees in ons lewe.

'n Paar interessante punte wat ons moet onthou om die heerlikheid van die Here nie te verloor nie of om die heerlikheid van die Here deelagtig te wees:
1) Christus is onveranderlik
2) Groter is Hy wat in ons is as hy wat in die wêreld is
3) Daar is meer (God) vir ons as wat daar teën ons is
4) Daar is geen veroordeling vir hulle wat in Christus is nie
5) Daar is niks onmoontlik vir hulle wat glo nie
6) Die heerlikheid van die Here is ons deel, omdat God die Vader ons so lief het en ons deelagtig gemaak het in Sy heerlikheid deur Christus.

Die groot vraag is: "Glo jy waarlik in Jesus Christus en dat Hy van God die Vader uitkom?". Wat belangrik is, is om Christus in ons die kans te gee die Hemelse Vader te leer ken in Sy krag, standvastigheid en die ervaring van Sy ewige Liefde.

In Johannes 17 leer God ons:
- Die heerlikheid behoort aan God die Vader en is aan Christus gegee om Hom op die aarde te kan verheelik.
- God die Vader en God die Seun word verheerlik in die werk wat verrig word
- Die Woord van God word aan die gegee wat dit behou = DOEN en AANVAAR
- Christus self bid nie vir die wereld nie, maar vir hulle wat Sy Woord behou en aanvaar sodat hulle self weer kan bid vir hulle wat in die wereld is
- Dit wat aan God behoort, behoort ook aan Christus en kan dus nie aan die wereld behoort nie
- Deur Christus het ons die blydskap volkome in ons (Joh. 17:13)

=> "The JOY of Christ is my STRENGTH"

=> "The SRENGTH of Christ is my JOY"

Joh. 17:22-23
"En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle EEN kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het."

'n Paar besinningsvrae:
a) Is die heerlikheid van Christus aan my gegee?
b) Wanneer het ek die heerlikheid van Christus ontvang?
c) Wat is die heerlikheid van Christus in my?
d) Wat moet ek met die heerlikheid van Christus doen?





Geen opmerkingen: