KLIK OP LOGO VOOR MEER INFO !!

woensdag 23 juli 2008

Begeer van die Here...

Dit is altijd wonderlik om te sien hoe die Heilige Gees van God lei.

Die afgelope naweek het die Here ons weer uitgenooi om in die naam van Jesus Christus alles wat gebonde is te ontbind - veral moeilike sake, mense, ens.

Hy gee vir ons Sy Woord vir hierdie saak, die besetene van Gadara (Mark. 5:3). Hierdie vers sê en beklemtoon die erns en verskrikking van wereldse gebondenheid (sonde). Hy sê dat niemand hom - hierdie mens - kan bind (help) nie.
Maar ons weet dat ons in Jesus Christus Naam, tot alles in staat is. Hy het dan ook in Sy autoriteit die duisende onreine geeste uit hom gejaag. Niemand kon hom bind nie - Jesus wel!

Ons het so vir baie mense en sake gebid, waar geen mens kon help nie - Jesus wel !

Die vraag het by my onstaan: Here, kan ons hierdie dinge, of wat dan ook al, van u af begeer - rêrig begeer. Omdat begeer so'n sondige en verkeerde begrip kan hê, het hierdie vraag verder geknaag - Here, ons begeer van U sekere dinge, sake se oplossinge en siele wat bevry en losgemaak moet word. Mag ons Here?

In die afrikaanse Bijbel 1 Kon. 3:5, het die Here self na Salomo in 'n droom gekom en gesê: Sê wat jy van My begeer - wat ons mag - prys die Here!! (die nederlands sê "vra" en die engels sê "ask")

Maar God laat my die afrikaanse vertaling vat sodat ek daarin kon sien dat Hy vra ons - nie anders om nie - dat ons van Hom iets (ernstigs) kan begeer.

Prys die Here vir die afrikaanse bevestiging - anders kon dit NIE !!

Past. Mike

Geen opmerkingen: