KLIK OP LOGO VOOR MEER INFO !!

dinsdag 26 augustus 2008

Duidelike kommunikasie

Kommunikasie is `n integrale deel van enige verhouding. Daarsonder sal `n verhouding verarm en persone sal stadig maar seker van mekaar wegdrywe. Dit is waar met betrekking tot ons eggenote, vriende, kinders, en ook met God.

Sonder werkbare kommunikasie met God, sal ons van Hom wegdryf en baie gou vervreemd raak. Het u al gehoor dat mense sê: “ek kan nie bid nie”? Het u al gevoel dat u nie meer Sy stem hoor nie? Kommunikasie het verswak- dis al! Skielik, wanneer ons met laste gekonfronteer word, voel ons tog só alleen en daar is geeneen na wie ons kan gaan met ons laste nie. Ons sal ongemaklik na God roep, maar die kommunikasielyn is vol onderbrekings en onduidelik. Dit is moeilik om rigting en onderwysing te verkry wanneer ons God nie meer verstaan of hoor nie!

Daarom, om die kommunikasie skerp te hou, moet ons gewoontes kweek( ons moet ons brein met beginsels laai) om altyd met God te praat.(1 Thess 5:17) “bid sonder ophou”. Ons moet nie gebed beperk tot net die tye wanneer ons in nood is nie- bid gedurigdeur! Kyk na Dawid in Ps 5:3 . In die oggend hoor God u stem, smorens plaas ons ons versoeke tot God, erken ons afhanklikheid van God, verwag ons alles van God, Ons moet leer om ook deurentyd met God te praat(bid) sodat ons voorbereid kan wees vir daardie oomblikke van ekstra behoeftes. Jesus was altyd een met Sy Vader( Joh. 10:30) Tog, wanneer daar spesiale omstandighede opgeduik het, het Hy nog ekstra tyd ingeruim om te bid(Luk6:12-13)

Daar sal altyd tye wees wanneer ons toegeweid tot God se troon moet nader in gebed, tye van kritiese situasies-tye wanneer ons ons kinders en ander aan God moet toevertrou- wanneer ons te swak geword het om self te help- Hy is altyd daar! Meer as genoeg! Al Shaddai!!

Ons tendens in die kerk is om deur lofsange, koordanse, aanbidding, ophef van hande. offergawes ens. God te nader. Die effektiewe manier wat verkies word deur God is: Gebed! “ Julle het nie, omdat julle nie bid nie!” Kom kinders van God, laat ons onsself in oefen om sonder ophou te bid, en nie die kommunikasie met God te verloor nie- dit is waarvan die leuenagtige dief hou- van Christene wat te besig is om te bid- dan kan hy jou belieg deur te sê dat God jou nie hoor nie! Dan kan hy rustig voortgaan om ons kinders en huweliksmaats te verlei en te verniel. Loof God en Bid, bid, bid, bid……..

(auteur onbekend)

Geen opmerkingen: