Die nietigheid van die wat
triestig en hulpeloos agterbly...
n Mens het al hier en daar ellende en hulpbehoevendes gesien.
Mense siek in siel , gees en liggaam. Orals.
Ons het almal al 'n keertjie daarmee kennis gemaak.
Om dit te aanskou bring seker droefheid en hulpellose onmag mee.
Onmag omdat woorde leeg is.
'nMens sien dit , dink daaraan , en die lewe gaan verder.
Vir 'n oomblik was dit " gedeelde ellende ".
Wat kan ek met so 'n iemand deel ?
Sy leed is mos nie my leed nie.
Dit gaan nie om myself nie. Dink ons.
Ons wil liewer die leed van iemand anders alleen maar " sien "
Ek sien , dink daa
raan , maar deel nie.
Ag , dink ons , daar is al soveel ellendes in die wereld , al die ou swart
gemors maak ons alleen maar siek.
Maar op 12/10/08 ongeveer om 18.30 het dit my eie vlees ook getref.
Daardie oomblik was dit anders.
Dit was my mense , my vlees , myne , my broer Okkie , jy was myne.
O'h Heer , nou is dit my eie vlees wat deur U saamgevoeg is deur U
genade van " moenie die hulpbehoewende aan hulle lot oorlaat nie "
Ek het van haar moes hoor " dit gaan nie goed met my nie Hannetjie ,
my Okkie is weg "
Nou is ek self hulpelloos Here.
Daar is nou 'n
deel van my ook weg.
Ek kan nou rèrig met haar " deel "
Hy is van my ook weggeruk , ons het dit gesien kom , maar so vinnig.
Nou kan ek God se Woord vir hom wat weg is en vir ons wat agterbly ,
laat intree ... Ps 35 : 13 - 14
Ek het vir jou ingetree , Okkie.
Amazing Grace sal die res doen .
Jou eeuwig lief
hebbende sussie,
Hannetjie.