Gegroet, kinders van die allerhoogste God!
Ek skryf nou weer vir julle een sendbrief vir stigting vermaning en bemoediging! Wanneer ons om ons na die omstandighede en wereldgebeure kyk, sien ons deur deinserige brille, oge wat deur onkunde en vleeslikheid versluier word, dat die dinge erg negatief is. Wanneer ons egter ons oge op Jesus vestig, sien ons een heel ander prentje- "Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word" Soek ook die Koninklike en Priesterlike salwing van God en julle sal wonders ervaar! Ek reken dat die kerk te lank vasgeklou het aan doktrines en mensgemaakte wette, dinge wat te swaar is vir ons om dit te dra! Ek was een daarvan- maar Sy Gees het my verkwik! Die kerk(ons) is vasgekerker tussen mure van reglemente en wette van raak nie en smaak nie en roer nie aan nie, en ons mis die Evangelie- dat ons op Pinkster Krag ontvang het, en dat ons getuies moet wees! Getuig van God se goedheid en die ongeregtigheid sal vlug, want die duisternis het geen gemeenskap met die lig nie. Laat die Gees die Skrif uitle en bevestig, dan sal hulle glo! My broeders, ons moet erg radikaal word vir Jesus, die uur van die kerk het ver gevorder en mense kom nie eers meer tot bekering nie!!!(tot ons beskaming)- hulle minag God se werkers en dien hulle eie gode meer as vir God. Staan op manne en vroue van God, laat die Krag deur julle vloei, getuig, leer en vermaan, en God se Gees sal saamwerk met wonders en tekens.Hou op om tekste aan mekaar te ryg, en bedien met die Gees- die letter maak dood, maar die Gees is lewe! Kyk wat het Petrus gedoen op die dag van Pinkster??!!. Gaan haal hulle in die straat met God se liefde, dissipeleer hulle, voeg hulle in die gemeente by, preek die evangelie- die Goeie nuus! Maak 'n altaar uitnodiging by elke geleentheid en ruk hulle met vrees vir God uit die vuur- Sy koms is voor die deur, en net die wat hom verwag, sal hom sien! As ons dors genoeg is, sal Hy ons weereens doop met Gees en Vuur en Krag- nie ons krag nie, maar Dunamis-krag van God se gees, halleluja. Koninklike salwing bring die skatte wat die wereld opgaar en gee dit vir God se kinders- die wat op Hom wag- ek stuur dit vir julle in die naam van Jesus, die Christus, die verrese, werklike en lewende seun van God. Alles is syne en ons is mede erfgename van Jesus, van sy krag, sy mag, sy heerlikheid, sy vreugde,sy mag, sy Gees, salwing met vuur en al die rykdomme van hierdie wereld- God gee dit in julle hand, nou- in die naam van Jesus!
'n Bid-uur in ons gemeente:
Die vroutjie was in een vreeslike motor ongeluk- beserings wat legio was- pyn wat nou al jare aanhou, ledemate wat tenspyte van al die fisioterapie, nie kan funksioneer nie- haar man moet haar uit die bed uithelp anders kan sy nie self opstaan nie- 'n somber prentjie vir die vlees-
Ons het al verskeie kere gebid en weer Woendagaand- net hierdie keer beveel God my om nie vir haar te bid nie,
maar om haar te bedien met Krag- een aanraking van die Meester- sy val op die vloer neer- die dooie ledemate begin beweeg, die pyn is weg- die stil lippe begin om God te prys, sy spring op, begin rond te dans- sy kon voorheen skaars beweeg! Komaan Prys God op die spot!! Hy genees nog, Hy doop nog met Sy Gees- en Hy maak nou krag en stuwing- nuwe ywer in julle lewens wakker! Halleluja!!
Los die slimpraatjies, kerk van God en bedien in die Gees en met krag! Laat staan al julle vrae en vertwyfelinge, gemeentes, en vertrou God soos kleine kinderen- God gaan julle omgewing omkeer en Hy gaan vereer word - Prys God op die spot! Lees hierdie aan die gemeente voor en maak die uitnidiging en sien hoe God se krag neerdaal- God se salwing kom saam met hierdie skrywe-" Ek gaan in hierdie dae 'n nuwe ding doen, iets wat julle nie sal glo as hulle dit vir julle vertel nie"- so spreek my Lewende en Heilige God. Amen!!! Stuur hulle uit in die lanings en die strate en dwing hulle om in te kom- Kom ons beweeg, kerk van die lewende God!! Kies julle vandag, wie julle wil dien- wil julle vir God dien of wil julle die afgode of die kerk dien! maar ek en my huis, ons sal die Here dien!! Vader,u krag word in ons swakheid volbring- laat u gees nou val op elkeen wat hierdie woorde lees en hoor en oral waar dit deur hierdie etergolwe trek- werk u saam met wonders en tekens en bevestig so u kosbare Woord- dit keer nooit leeg na u terug nie- hallelujah, Amen!
Groete,
Andries en Ronel
Geen opmerkingen:
Een reactie posten