KLIK OP LOGO VOOR MEER INFO !!

donderdag 30 juli 2009

Getuigenis.....

Goeiedag aan die kindertjies van Jesus!

Ja, op my hoge ouderdom en die huidige ekonomiese resessie is dit nie so maklik soos ander tye om 'n ordentlike werk te kry nie.
Gelukkig ken ons die Grootste en Beste werkgewer van alle tye: Jesus!
Ten spyte van die feit dat ek verskeie CV's gesaai het, het slegs Hitachi- Power Africa, my vir 'n onderhoud genooi- in Februarie al.(Die Duitsers is maar baie skepties oor SA Burgers se vermogens en hulle wou eers dat ek met een van hulle Beplannings eksperte van Duitsland praat.) Dit het egter nie gebeur nie,
maar God het vir my laat weet deur sy Woord om stil te wees en op die Here te wag. In my eie natuur is dit 'n baie moeilike ding, maar in Hom is alles moontlik!
Die getuienis kan baie lank raak en ek gaan nou kortpad vat:
Die krux van die saak is, dat God eers iemand hier geplaas het-'n nuwe werknemer, om dan die span uit te brei wat twee nuwe kragstasies se oprigting moet bestuur vir die volgende 6 jaar. Permanente aanstelling met verlof ens.
Wat hom toe trek van my CV- was my Teologiese kwalifikasies! Hy is toe ook'n kind van God! Loof die Here!
Dit gebeur nie maklik dat iemand in die ingineurswese aangestel word op grond van Teologiese kwalifikasies nie!
Ek het vir Vader gevra om 'n werkbare salarispakket, en alle ander dinge het gaan stilstaan-ons het net aangehou met vertrou en bid, en siedaar, God maak vir ons die beste pakket beskikbaar(R770,000 per jaar + brandstof ten volle betaal + selfoonpakket+gratis behuising op die terrein vir my en my Prinses wanneer ek terrein toe moet gaan!) in die huidige ekonomiese resessie- Hy neem die wereld se geld en gee dit vir Sy kinders- ons moet net vanuit ons troonposisie in Christus glo en bid- en Vader sal vir ons toevoeg alles wat ons in die gebed vra! God het ook voorsien dat, net toe daar amper niks meer geld oor is nie- nou huidiglik,dat die Werkloosheidsversekering vir ons
R 7763 oorbetaal per maand-let op al die sewes in hierdie getuienis! In die hele proses kon ons net nader aan die Vader beweeg en die satan 'n bloedbek gee!

Genoeg kan mens nie die Here se werke verhoog nie- Hy weet wat ons nodig het en gee soveel om, dat Hy vir ons net die beste gee- Prys God!

My werkplek is in Woodmead, Sandton. Woodlands laan. Country Golf Estate.

Die salwing van God stuur ek na julle.
Mag sy segen julle agtervolg en inhaal en skielik oorval! Dit is Sy belofte wanneer ons na Sy Woord luister en dit doen! Hallelujah!



Best regards
Andries van Jaarsveld

Geen opmerkingen: